Uiteindelik: dié blitsverkoper is nou ook as luisterboek beskikbaar! Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind.
Uiteindelik: dié blitsverkoper is nou ook as luisterboek beskikbaar! Alex het ’n teorie oor chaos. Waar hy ook al gaan, volg dit hom. Dis hoekom hy joernalis geword het en hom nou in Tanzanië bevind. By ’n troue iewers tussen Dar es Salaam en Arusha ontmoet Alex vir Ranna, ’n vryskutfotograaf met ’n bos swart krulhare, ’n t-hemp wat sê Dr. Seuss is altyd reg, en ’n verlede waaroor sy nie praat nie. Alex wat lankal nie meer in Die Liefde glo nie, weet: dit is hoe dit voel. Maar dan haal die chaos hom in. Eers begin dit onophoudelik reën en paaie en dorpies spoel weg. En dan, wanneer die lyk van ’n Amerikaanse IT-biljoenêr op ’n strand uitspoel, word dit duidelik dat Ranna met rede haar verlede probeer begrawe. Waarom anders stel die polisie skielik in haar belang? Die aweregse karakters in hierdie spannende raaiselroman, sal gou ou vriende word. Die briljante polisieman Hamisi Habane word deur sy eie spoke voortgedryf, en vir Alex se IT-kontak, die petite Sarah Fourie van Pretoria-Wes, is geen inligting buite perke nie, solank sy haar ses blikkies Coke en haar rekenaar byderhand het. Please note: This audiobook is in Afrikaans.
Skoenlapper (Unabridged) is available as an audiobook on Apple Books. We haven't confirmed it on Spotify yet — but you can still search there below.
Retailer links open each store's page for this title. As an Amazon Associate, FindMyTBR may earn from qualifying purchases — see our affiliate disclosure.
FindMyTBR aggregates audiobook availability across Spotify, Apple Books, Audible, and Amazon so you can
move your Goodreads TBR to audio. Availability reflects titles we've confirmed; a service with no badge
just hasn't been confirmed yet. Covers via Open Library.
Search your whole Goodreads shelf →