Deon Meyer, die mees gewilde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer, se nuwe roman is nou beskikbaar as luisterboek! Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid.
Deon Meyer, die mees gewilde Afrikaanse spanningsverhaalskrywer, se nuwe roman is nou beskikbaar as luisterboek! Die laaste ding wat kaptein Bennie Griessel van die Valke nodig het, is moeilikheid. Want hy suip dalk al weer, hy lieg vir sy kollegas en sy AA-borg, en die intrek by Alexa Barnard was ’n fout. ’n Karnallie van ’n fout. Maar die gastehuis-bloedbad buite Franschhoek was die werk van ’n professionele laksman – drie slagoffers, drie perfekte kopskote. En dis nie net die onverklaarbare gravering van ’n spoegkobra op die koeëldoppies – en die komende mediasirkus – wat Griessel laat bloed sweet nie. Twee van die oorledenes is lenige militêre tipes. Spesmagte. Of Spoke. Moeilikheid. Heel agter, in die hoofslaapkamer, is tekens van ’n gestoei, en te veel bewyse dat iemand ontvoer is. Bes moontlik ’n buitelander. Groter moeilikheid. Maar die paspoort is vals, die Britse konsulaat speel spioenasiespeletjies, en dieselfde huurmoordenaar slaan toe by die Kaapse Waterfront. Boonop neem die staat se duistere Sekuriteitsagentskap die ondersoek oor, en die Valke moet ’n vlugtende, baie vaardige Kaapse sakkeroller dringend opspoor om hul eer – en die demokrasie – te red. Maksimum moeilikheid. Please note: This audiobook is in Afrikaans.
Kobra (Unabridged) is available as an audiobook on Apple Books. We haven't confirmed it on Spotify yet — but you can still search there below.
Retailer links open each store's page for this title. As an Amazon Associate, FindMyTBR may earn from qualifying purchases — see our affiliate disclosure.
FindMyTBR aggregates audiobook availability across Spotify, Apple Books, Audible, and Amazon so you can
move your Goodreads TBR to audio. Availability reflects titles we've confirmed; a service with no badge
just hasn't been confirmed yet. Covers via Open Library.
Search your whole Goodreads shelf →